Hoërskool Pretoria-Noord is ‘n enkelmedium skool geleë aan die voet van die Magaliesberg in die noorde van Pretoria. Dit is hier waar Mnr. C.J.C. Driescher aan die stuur staan van ‘n goed geöliede skip met ‘n uiters bekwame personeelgroep en meer as 1000 leerders.
Die skool het in 1943 sy deure geopen en het sederdien duisende leerders gehelp vorm en ontwikkel om as suksesvolle jong volwassenes die grootmenswêreld te betree.
PNHS fokus op vier hoofpilare, akademie, sport, kultuur en leierskap en streef daarna om ons vyf waardes elke dag uit te leef: lojaliteit, integriteit, verantwoordelikheid, eerlikheid en respek.
Cnr of Berg Ave and Eeufees St, Pretoria North, Pretoria 0182, Gauteng